Swart gate
Wat is die gedrag van materie naby swart gate?
Swart gate is kompakte voorwerpe in die buitensteruim met gravitasiekrag so sterk dat niks, trouens nie eens lig, vanuit hulle binnesteruimte kan ontsnap nie. Net buite swart gate egter, kan einaardige verskynsels waargeneem word mits die materie naby kom, maar nie te naby dat dit deur die swart gat verswelg word nie! Een besonders merkwaardige verskynsel is plasma jets wat uitgeskiet word in teenoorgestelde rigtings weg van die swart gat. Soms, soos gesien in die figuur wat die mikro-quasar bekend as SS433 bevat, kan mens in die rigting waarlangs die jets die plasma uitspuit oor tyd pratige, veranderende strukture waarneem.
Die fisiese meganismes waarby materie aangetrek word en dan weer vrygestel word weg van swart gate bly steeds onverklaard. Een van die wetenskaplike doelwitte van die Global Jet Watch projek is om die bogenoemde prosesse te bestudeer en sodoende beter te verstaan.